Sjoe, ek weet nie of dit net by die Noodhulpliga is nie, maar hierdie jaar het gevlieg soos g’n ander jaar nie. Ons raai dit is omdat die wêreld oop is na Covid en almal baie besig was … en is ons nie bly daaroor nie!
Mizán van Zyl was ons opleidingshoof sedert 2018. Sy het 'n aanbod van 'n korporatiewe maatskappy ontvang en haar nuwe werk begin op 1 November 2021. Ons is bly oor hierdie groot geleentheid en wil haar alle voorspoed wens in haar toekomstige loopbaan.