Die jaar het gevlieg

22.11.22 01:15 PM By First Aid League
Sjoe, ek weet nie of dit net by die Noodhulpliga is nie, maar hierdie jaar het gevlieg soos g’n ander jaar nie. Ons raai dit is omdat die wêreld oop is na Covid en almal baie besig was … en is ons nie bly daaroor nie!

Ons het afskeid geneem van Bettie Beytell wat jare lank die Suid-Gauteng tak bestuur het. Bettie het saam met Norman Knoesen baie dae langs die veld gesit met sportaktiwiteite en ‘n ogie gehou in geval daar enige beserings sou wees. Bettie het ook opleiding gedoen en ons mis haar reeds.

Bettie, dankie vir jarelange toewyding aan die SA Noodhulpliga. Ons vertrou jou aftrede is vredevol en dat jy tyd kry om langs die see te stap en skulpies optel.
Ons is ook dankbaar om weer vir Eldon Dicks en Norman Knoesen in te span vir opleiding in Gauteng.

Ons het reeds weer ou kliënte soos TUT, die Kanadese Ambassade en PlusStores se mense opgelei.

Marina Basson wat ons hoof van opleiding is, het ‘n rugoperasie en ‘n gebreekte skouer oorleef – ons is saam met haar dankbaar dat sy nou weer self bestuur.
Elizabeth werk fluks aan ons nuwe formaat sertifikate, en almal is positief dat dit in 2023 net nog beter sal gaan.

Ons is baie bewus van die groot genade wat ons ontvang. Ons ag onsself geseënd.

Die SA Noodhulpligaspan.
Gaan terug
Image of clouds

First Aid League

- Added to cart
- Can't add this product to the cart now. Please try again later.
- Quantity updated
- An error occurred. Please try again later.
Deleted from cart
- Can't delete this product from the cart at the moment. Please try again later.