• Meer oor ons

    Bemagtig gemeenskappe sedert 1935.
    Jou betroubare Noodhulp-opleidingsvennoot, verbind tot kwaliteit en sorg.

Die SA Noodhulpliga

Die Suid-Afrikaanse Noodhulpliga (SANL) is geregistreer by die Department van Arbeid (CI BIG 3-03) en funksioneer as ‘n nie-winsgewende organisasie. Met ‘n toewyding aan uitnemendheid, voldoen ons noukeurig aan die minimumvereistes, omdat dit die hoeksteen van ons gehalte-opleiding vorm. Ons missie is om die gemeenskap as geheel te bemagtig, deur relevante eerstehulp inligting te verskaf. 

Dit is belangrik dat eerstehulp vaardighede geoefen en bekwaam uitgevoer word. Sedert ons stigting in April 1935, bly ons toewyding tot uitnemendheid, ons dryfkrag. Ons vennote sluit in Medwell, Edna en Eqigate. 

Ons Geskiedenis

Die SA Noodhulpliga was die geesteskind van Mnr. George Annandale Nezar, wat in 1934 besef het dat sy moedertaal, Afrikaans, erkenning behoort te kry as 'n taalmedium waarin basiese eerstehulp vaardighede aan Afrikaanse mense geleer kan word.

Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV),  het tydens hul sesde jaarlikse Kongres op 17 April 1935, besluit om hul eie noodhulpbeweging te begin. Die eerste tak van die Liga is op 9 Augustus 1935 in Bloemfontein gestig. In 1954 het die Suid-Afrikaanse Spoorweë die organisasie erken as 'n amptelike noodhulpopleidingsinstansie vir hul werknemers.
Lees meer
Old ambulance

Akkreditasie

- Added to cart
- Can't add this product to the cart now. Please try again later.
- Quantity updated
- An error occurred. Please try again later.
Deleted from cart
- Can't delete this product from the cart at the moment. Please try again later.