Om bewustelik te lewe

29.08.22 01:30 PM By First Aid League
Teen dié tyd het almal al besef dat Covid 19 se inperking nie nét sleg was nie. Ons het ‘n klomp dinge van onsself en ons wêreld geleer in die proses. Ons kyk anders na mekaar en na die natuur.

Ons het besef hoe nodig ons ander mense het. Skielik is verhoudinge, samesyn en aanraking nie meer vanselfsprekend nie. Ons het geleer om stadiger te leef – in die oomblik te wees en elke klein ervaring te waardeer .. van die koffie en beskuit in die oggend tot die warm beddegoed saans.

Die tuinstappers kan nou in die straat af loop en lang-asems kan ver ente hardloop. Skielik het ons weer begin bordspeletjies speel en blokraaisels invul. Meer mense skryf. Lesers lees meer. Ons vra onsself af – Waarvan hou ek régtig?

As 14 000 Comrades atlete na lank sy aan sy kan hardloop en die Arena in Pretoria van hoek tot wal vol bespreek is vir ‘n drie uur lange konsert, is ons dankbaar. Ons aanvaar nie meer alles asof dit ons toekom nie. Ons is meer bewus van wat ons het en gee minder om oor wat ons nie het nie.

By die Noodhulpliga is ons volstoom besig met opleiding. En ons is weer eens … dankbaar … dat die land oop is en ons lewensreddende opleiding kan gee.

Kyk gerus op ons webblad na die verskeidenheid kursusse en produkte wat ons aanbied, by www.noodhulpliga.co.za

Ons wens almal ‘n bewustelik, dankbare Septembermaand toe.

Die SA Noodhulpligaspan.
Gaan terug
Man watering plants

First Aid League

- Added to cart
- Can't add this product to the cart now. Please try again later.
- Quantity updated
- An error occurred. Please try again later.
Deleted from cart
- Can't delete this product from the cart at the moment. Please try again later.