Nuwejaar

11.01.22 08:35 PM By Bianca
Die begin van lente en nuwejaar voel vir my dieselfde. Die moontlikheid van iets nuuts. Iets in die lug – dit ruik na reën en gesnyde gras. ‘n Nuwe dagboek, ‘n nuwe kalender. My kollega kom by die kantoor in met ‘n arm vol pienk blomme – sommer net. Die ou jaar se lêers word een rak op geskuif en die nuwes kry plakkers en staan spoggerig gereed vir aksie. Dit herinner aan skooldae waar die eetkamer die plek was waar boeke oorgetrek word. Die huis ruik na bruin papier en cellotape, en filtpenne en gom.

By die kantoor word ‘n nuwe beskuitjie voorgestel en aangekoop. Daarvoor ‘n nuwe koekiebottel, waaroor almal bly is. Is dit nie wonderlike dat klein dingetjies, blomme, ‘n nuwe glasbottel, vars lêers, mens kan bly maak nie? Maar by ‘n besigheid is dit nie genoeg nie. Dinkskrums word beplan en ou doelwitte word afgestof en van al kante bekyk. Wat gaan ons anders doen hierdie jaar? Die gesegde if nothing changes nothing changes word bedink.

Die Noodhulpliga word vanjaar 87 jaar oud. Wat ‘n prestasie. Wat ‘n tradisie. Wat ‘n voorreg om met ‘n stoorkamer vol geskiedenis te sit. ‘n Hele generasie mense wat diens gelewer het. Aanvanklik in Afrikaans, later ook in Engels. Lees gerus ons geskiedenis.

Ons wens aan al ons kliënte, kollegas, en oud-lede die volgende:
Mag jy in 2022 weer eens besef hoe kosbaar die lewe is. Mag jy elke dag ten volle benut en waardeer. Mag jy vreugde vind in die klein dingetjies.
Mag jy en jou gesin gesond bly.

Van die SA Noodhulpiga Span.
Gaan terug
Old leaves

Bianca

- Added to cart
- Can't add this product to the cart now. Please try again later.
- Quantity updated
- An error occurred. Please try again later.
Deleted from cart
- Can't delete this product from the cart at the moment. Please try again later.