Nuwe hoofstukke tydens Herfs

30.03.22 06:03 PM By Bianca
In Pretoria is dit behoorlik herfs. Die son kom later op en die grasperk het sy laaste groen van die somerseisoen.

Soggens neem ek beslis iets met ‘n langmou saam werk toe.

Ons is hierdie herfs veral opgewonde oor al die nuwe verwikkelinge wat by die Noodhulpliga aan die gebeur is.

Ons Tuisverpleging vir Bejaardes kursus vul ‘n groot leemte in die mark van tuisverpleging. Dit is ‘n twee-dag kursus wat enige persoon wat omgee vir sy naaste en wil help met versorging, bemagtig.

BLS is nog ‘n nuwe op ons lys – Pieter Cloete van Groot FM faam is ons instrukteur. Die kursus is ses ure, en geakkrediteer by die SA Resus Council of Southern Africa.

Ons Vlak 1 en 2 kombinasie aanlynkursus is geweldig gewild. Die rede hiervoor is dat ons slegs een dag benodig vir die praktiese assessering – al die teorie word aanlyn, in die leerder se eie tyd gedoen. ‘n Vlak 2 sertifikaat word uitgereik.

Ons bied ook steeds die geleentheid vir ‘n franchise aan. Enigeen met die nodige kwalifikasies en ondervinding in noodhulp opleiding, kan ons gerus kontak. Hierdie geld vir mense landswyd.

Hoop almal geniet die lieflike herfsdae en kontak ons oor een van die nuwe hoofstukke in die dik boek van die SA Noodhulpliga se sewe en tagtig jarige bestaan.
Gaan terug
Old leaves

Bianca

- Added to cart
- Can't add this product to the cart now. Please try again later.
- Quantity updated
- An error occurred. Please try again later.
Deleted from cart
- Can't delete this product from the cart at the moment. Please try again later.