Dit is heerlike lente

08.10.21 09:10 PM By Bianca
Normaalweg is lentedag die 1e September en menige feesviering in die verlede is al uitgestel omdat dit op die 1e reën. Hierdie is dus, op 21 September, ‘n effe laat herdenking.

Oor twee dinge mag mens nooit kla nie – oor die weer en oor werk.
Die weer kan geen mens iets aan doen nie.
En as daar werk is – genoeg om mens moeg te maak – is daar net rede tot blydskap.

Soos alle ander bedrywe, het die noodhulpindustrie ook swaar getrek tydens 2021/22 se Covid19 inperkings. Dit is nou bo en behalwe standaard frustrasies oor akkreditasie, die ekonomie en wat jy ookal wil byvoeg op jou lysie van klagtes.

Die Noodhulpliga is in 1935 gestig en is dus vanjaar 86 jaar oud. Dit is iets om op trots te wees. Die land sowel as die landskap van noodhulp het sedertdien baie verander. Ons was ‘n magtige lede organisasie wat duisende sertifikate per jaar uitgereik en kompetisies oor naweke gehou het. Vandag is ons steeds magtig in geskiedenis en tradisie en ‘n hele stoor vol memorabilia is bewys daarvan.

Ons doen steeds noodhulpopleiding en is steeds by die Departement van Arbeid registreer vir die opleiding van Vlak 1, 2 en 3.

Ons hoofkantoor is pragtige kantore in Lyttelton Manor, net agter die Centurion Teater (nie hospitaal nie) waar lewe ook nou begin terugkeer.

Ons gaan dus voort met dit waarmee ons uitnemend is – die opleiding van enige mens wat graag toegerus wil wees om ‘n noodsituasie te hanteer.

Ons het boonop (vir lente) ‘n 20% afslag op ons pryse – tot einde Oktober 2021.

Kontak ons gerus by 012 6440918 of admin@firstaidleague.co.za

Hélène van Wyk
21 September 2021
Gaan terug
Old leaves

Bianca

- Added to cart
- Can't add this product to the cart now. Please try again later.
- Quantity updated
- An error occurred. Please try again later.
Deleted from cart
- Can't delete this product from the cart at the moment. Please try again later.