Die gang van die lewe

24.05.22 03:37 PM By Bianca
En so het ons toe op 17 April 2022, sewe en tagtig jaar oud geword.

Ons verlustig ons steeds aan die feit dat die Liga na al die jare steeds ‘n bydrae kan lewer op die vlak van noodhulp opleiding. En meer as dit – ons is ‘n stuk geskiedenis en nostalgie.
Ons het nou die dag ‘n lesings gaan hou by Twee Riviere Aftree-oord, waar daar mense was wat so oud en ouer as ons is.

Dit is altyd interessant om te hoor hoeveel mense in ‘n gehoor deur die jare skouers geskuur het met die Liga.

Ons instrukteur in Richardsbaai skryf die volgende:
“My liefde en passie kom van kleins af. My eerste noodhulpkassie was ‘n skoenboks met paar goed in en dis waar dit als begin het. My tannie is al vandat ek kan onthou deel van die SA noodhulpliga. In Graad 1 het sy langs die veld gesit, ek onthou dit nog soos gister – laerskool Louis Trichardt, en vandag is ek deel van die Noodhulpliga en dra dit met die grootste trots in my.”  Naas Wepener, Richardsbaai.

Goeie nuus in die kantoor, is dat ons hoof van opleiding Marina Basson, na ‘n rugoperasie terug is by die kantoor. Ons het haar gemis en sy kan nou weer haar plek vol staan.

Hou ons Facebook bladsy dop vir ‘n kompetisie, asook nuwe kursusse wat ons aanbied. Laat weet as daar enige stories uit die geskiedenis is wat julle met ons kan deel.

Bly warm en gesond.

Noodhulpliga – groete
Hélène, Marina, Elizabeth
Centurion Mei 2022
Old leaves
Gaan terug
Old leaves

Bianca

- Added to cart
- Can't add this product to the cart now. Please try again later.
- Quantity updated
- An error occurred. Please try again later.
Deleted from cart
- Can't delete this product from the cart at the moment. Please try again later.