Voorspoed vir 2024

10.01.24 07:53 AM By First Aid League

2023 sal sekerlik onthou word vir die wêreldbeker wat ons gewen het. Hoe heerlik was dit nie – die opwinding, die senuwees, die saamstaan en die uiteindelike finale wen. Daardie lekkerte gaan ons nog lank saamdra.

Boonop was daar die goeie nuus dat noodhulp deur die QCTO (Quality Council for Trade and Occupation) gelys is, en dat alle noodhulp verkaffers kan aansoek doen vir akkreditasie.

Benamings word verander en ons praat nie meer van Vlak 1, 2 of 3 nie. In die toekoms word na die kursusse verwys as Basiese Noodhulp, Intermediêre Noodhulp en Gevorderde Noodhulp. Die sertifate gaan ook die kursusse so aandui.

Ons aanlyn kursus bly ‘n treffer. Dit is veral gewild by skole. Die teorie word aanlyn gedoen, en ons benodig dan slegs een dag vir die praktiese assessering. Heelwat skole het hierdie opsie gevolg. Dit is ‘n kombinasie Basies- en Intermediêre kursus. ‘n Intermediêre sertifikaat word uitgereik.

Ons reeks van noodhulpkiste het ook uitgebrei – ons het ‘n wye verskeidenheid baie bekostigbare (en mooi) kiste en sakke. Ons standaard sak is ‘n mooi rooie met ‘n Regulasie 7 inhoud. Daar is ook kleiner sakke vir die motor of handsak, asook ‘n lekker groot groen plastiekboks.

Sodra die skole begin, en sportbyeenkomste vroeg in die jaar afskop, is ons natuurlik gereed om met noodhelpers by te staan. Ons pryse is weer eens baie billik, en ons help graag.

Aan al ons kliënte, mag 2024 jou wildste drome oortref. Mag dit met jou goed gaan en mag jy veilig bly.


Van almal by Die SA Noodhulpliga.

Gaan terug
Snow on mountains

First Aid League

- Added to cart
- Can't add this product to the cart now. Please try again later.
- Quantity updated
- An error occurred. Please try again later.
Deleted from cart
- Can't delete this product from the cart at the moment. Please try again later.