‘n Splinternuwe Kursus

24.07.24 02:31 PM By First Aid League
First aid instructor
Ons begin DV Augustus met ‘n splinternuwe kursus – die noodhulp instrukteurskursus.

Indien jy in besit van ‘n gevorderde noodhulp sertifikaat is, en lus het om opleiding te doen is hierdie kursus vir jou. 

Dalk is opleiding jou sterk punt, of dalk is jy soos baie van ons lief vir noodhulp en wil graag jou kennis met ander deel.

Jou gevorderde noodhulp sertifikaat moet steeds geldig wees, en indien nie, kan jy die kursus by ons doen. 

Die SA Noodhulpliga spesialiseer in noodhulp opleiding. Jy kan die basiese, intermediêre en gevorderde kursusse almal by ons doen.

Die basiese kursus is ‘n twee-dag kursus.

Die basies en intermediêre kursus (kombinasie) is oor drie dae.

Die gevorderde kursus is ‘n vyf-dag kursus.

Ons het ook ‘n aanlyn kursus. Die basies en intermediêre kursus is beskikbaar in aanlyn formaat. Die teorie word aanlyn gedoen in jou eie tyd. Ons benodig dan een dag vir die praktiese assessering. Hierdie kursus is tydens inperking ontwikkel, en is baie gewild. Dit is goedkoper as die drie-dag kursus en boonop spaar jy twee dae opleiding.

En dan – ons nuwe instrukteurskursus is ‘n vyf-dag kursus. Indien jy hiervoor kwalifiseer en belang stel, kontak gerus vir Marina by marina@firstaidleague.co.za.

Ons hoop om jou binnekort by een van ons klasse te ontmoet.

Wees ʼn held en voorbereid om iemand se lewe tydens ʼn noodsituasie te red.

Van almal by Die SA Noodhulpliga
Gaan terug

First Aid League

- Added to cart
- Can't add this product to the cart now. Please try again later.
- Quantity updated
- An error occurred. Please try again later.
Deleted from cart
- Can't delete this product from the cart at the moment. Please try again later.