Paasfees - In watter Mandjie sit jy jou eiers?

27.03.24 01:21 PM By First Aid League
Snow on mountains
Paulus sê 1 Kor. 15 vers 17 as Christus nie opgewek is nie, dan is ons geloof nutteloos, dan is ons nog in ons sondes.  Indien Christus nie opgestaan het nie, dan verkondig ons ‘n vals evangelie. Dan kan ons net sowel eet, drink en vrolik wees, want môre sterf ons. Paulus plaas dus al sy paaseiers in die opstandingsmandjie.

As dit nie gebeur het nie, dan is Christenskap ‘n bedrogspul.  Ons kan net sowel vergeet daarvan en die res van ons lewens soos vrate deurbring.

Maar – ons glo met ons hele hart dat Jesus fisies, liggaamlik en permanent opgestaan het.

Hoe wonderlik is dit nie!

Die SA Noodhulpliga wens almal ‘n rustige en mooi Paasfees toe. Mag jou hoop in die opstanding jou groot vrede gee. Mag jy en jou gesin ‘n lieflike naweek saam geniet.

Indien jul weggaan – reis veilig en bly gesond.

Van almal by Die SA Noodhulpliga.
Gaan terug

First Aid League

- Added to cart
- Can't add this product to the cart now. Please try again later.
- Quantity updated
- An error occurred. Please try again later.
Deleted from cart
- Can't delete this product from the cart at the moment. Please try again later.