Ek kyk gisteraand na ‘n meer as twee uur lange film.
Dit is ‘n biografiese oorlogfilm wat deur Jean-Jacques Annaud vervaardig is.
Dit is baseer op die verhaal van SS sersant Heinrich Harrer’s se memoir Seven Years in Tibet. Hy is ‘n oorlogsgevangene en ontsnap. Die storie gaan oor sy ervaringe tussen 1944 en 1951.
‘n Jong Brad Pitt speel die hoofrol, en die musiek is deur John Williams. Daar is selfs musiek van Yo-Yo Ma.
Dus sag op die oog en die oor.
Die film speel af in die ys en daarmee kon ek bietjie identifiseer, met Gauteng wat die eerste keer in tien jaar sneeu sien. Darem was ek warm en nie honger nie.
In die haglike omstandighede, voordat die hoofkarakter begin vestig en vriende maak met die veertiende Dalai Lama, wat toe ‘n kind was, is die verkryging van kos die grootste uitdaging.
Hulle ruil enigiets wat hul het vir kos. En daar haal hy toe ‘n klein blikkie uit. Dit is ‘n wit blikkie met rooi letters daarop – First Aid Kit.
Uit die blikkie haal hy toe sy ruilmiddel – ‘n papier wat gehawend aandui Inventory and Notes for Use.
Ek kon nie anders as lekker kry nie.
Dat ‘n noodhulp dokument as ruilmiddel vir kos gebruik word.
So – kyk die fliek as jy tyd het en hou van stories wat deur ware gebeure inspireer is.
En dan – maak seker jou noodhulpkis is op datum en jou sertifikaat is nog geldig.
Intussen – bly warm.
Uit ‘n snerpende koue Pretoria.