Dit was herfs en dit was winter

12.05.23 01:30 PM By First Aid League
Dit was aand en dit was môre – so lui die skeppingsverhaal.

Die seisoene voel ook bietjie so.

Die een dag is dit nog warm somer. Die volgende dag dra ek ‘n trui oor my somersrok werk toe.

‘n Week later trek ek elke oggend ‘n langmou T-hemp onder my klere aan, nog met sandale.

En dan dra ek stewels, met dik kouse.

Dit was somer, dit was herfs, en toe is dit winter.

Ons kantore in Centurion is vroeg-jaar al koud. Hier is bome op die perseel waar vinke nes maak. Die een groot boom het verlede week omgeval.

Die boom is toe afgekap en daarmee saam die klimop plante wat wild gegroei het.

Die vinknessies het ongelukkig ook in die slag gebly. Maar skielik is daar son. Heeldag lank. Te lekker!

So, hier sit ek nou in my sonnige kantoor, tas gepak, oppad Kaapstad toe vir ‘n troue die naweek. Maar dáár sê hulle is dit bibberkoud. Die SA Weerdiens se voorspelling op Google gee temperature onder 20 grade die hele naweek. Vir ‘n Pretorianer is daai baie koud.

En tog kan ons ons verwonder aan die skepping – die draai van die seisoene. En ons kan in ‘n onstuimige tyd weet, dat die Skeppergod wat die son deur my kantoorvenster laat skyn, ook die Een is wat die nasies in die palm van Sy hand hou.

Wat ‘n troos.

Die SA Noodhulpliga-span.
Gaan terug
Old leaves

First Aid League

- Added to cart
- Can't add this product to the cart now. Please try again later.
- Quantity updated
- An error occurred. Please try again later.
Deleted from cart
- Can't delete this product from the cart at the moment. Please try again later.