Dit is Wintervakansie

13.06.24 11:58 AM By First Aid League
Snow on mountains
Uiteindelik is die winter hier, en die verkiesing verby en ons het ‘n  kursus waarmee ons almal se harte hopelik gaan warm maak.

Vanaf Augustus 2024 bied ons DV weer eens die SA Noodhulpliga se instrukteurskursus aan. Die kursus is oor vyf dae en dit is vir mense wat reeds die gevorderde noodhulp kursus gedoen het. Die kursus is spesifiek van toepassing op noodhulp opleiding.

Dit gaan by ons hoofkantoor in Centurion aangebied word. Die eerste datum is reeds in Augustus. 

Die winter skoolvakansie is om die draai en ek ruik kampvuur en biltong in die lug. Mag almal wat op reis gaan en ‘n vleisie oor die kole gaan braai iewers in die veld, dit baie geniet. Aan die jagters – onthou maar die wat by die huis agterbly wat sal hou van ‘n stukkie biltong of wildsvleis. Mag almal veilig reis.

Aan die skoolkinders – geniet die wintervakansie, op reis of by die huis. Ons sien altyd uit om kinders in noodhulp op te lei. Onthou ook ons aanlyn opsie wat baie gewild is omdat slegs een dag benodig word vir die praktiese assessering.

Rustige wintervakansie aan almal.

Van almal by die SA Noodhulpliga.
Gaan terug

First Aid League

- Added to cart
- Can't add this product to the cart now. Please try again later.
- Quantity updated
- An error occurred. Please try again later.
Deleted from cart
- Can't delete this product from the cart at the moment. Please try again later.