Dis n Nuwe Jaar

22.11.22 01:15 PM By First Aid League
Sjoe! Ons is vinnig oppad Februarie toe.

Na ‘n week se breuk in Desember tussen Kersfees en Nuwejaar, is Die Noodhulpliga se personeel almal terug op kantoor.

Die Fase 6 beurtkrag maak ons net meer kreatief. Ons weier om in ‘n staat van moedeloosheid te verval. Ons kan steeds met ons werk voortgaan en is dankbaar vir kliënte wat ons jare lank ondersteun.

Saam-saam gaan ons die Nuwejaar in.

Ons poog steeds om die beste opleiding teen die beste pryse te lewer. Verhoudings met kollegas en verskaffers is uiters belangrik en om met almal lekker saam te werk, ons doel vir die jaar.

Die Noodhulpliga is registreer by die Departement van Arbeid en ons het ook ‘n HWSETA nommer.

Ons aanlyn kursus is steeds gewild, en alle geskeduleerde opleidingsdatums kan op ons twee webblaaie gesien word, by

https://noodhulpliga.co.za/opleiding/ – rol af tot by Waar en Wanneer

Mooi wense aan almal en hou moed!

Die SA Noodhulpliga-span.
Gaan terug
Hand holding roses

First Aid League

- Added to cart
- Can't add this product to the cart now. Please try again later.
- Quantity updated
- An error occurred. Please try again later.
Deleted from cart
- Can't delete this product from the cart at the moment. Please try again later.