Ken die Noodnommer

26.02.24 07:31 AM By First Aid League
Snow on mountains
Nou ja, ons het darem JannieWorry maand oorleef. En dit lyk asof hierdie jaar, soos verlede jaar, vlerke het en vlieg.

2024 se groot storie in Suid-Afrika is sekerllik die verkiesing, en dit sal ons media en gedagtes vir ‘n groot deel van die jaar besig hou.

Gisteraand het die wind baie sterk gewaai in Pretoria, en vanoggend oppad werk toe het die strate vol takke en hier en daar ‘n ontwortelde boom, gelê.

Net anderkant die Fonteinesirkel is daar ‘n opeenhoping van voertuie. Stadig om die draai, sien ons ‘n brandweerwa. Eers vermoed ek dit is ‘n motorongeluk. Gelukkig nie, die brandweerwa is daar om ‘n boom wat op die teerpad geval het, uit die pad te kry.

Ek sien die brandweerman trek spesiale skoene aan, ‘n oorpak, en handskoene. En ek dink hoe gevaarlik so ‘n werk is,  hoe maklik iemand vinnig om die draai in die wa vasry, of die enorme boom wat kan meegee. Ek dink hoe sekere mense se werk altyd is om die ongeluk of ramp op te ruim.

En tog kan die grootste ramp binne in ‘n huis gebeur, waar kinders sonder toesig naby water speel, of ‘n bejaarde persoon wat val of ‘n hartaanval kry. 

Dit is belangrik om die noodnommer van jou omgewing byderhand te hê.

Die nommer wat ons aanbeveel is 087 655 1800. Hierdie nommer het 24/7 iemand aan diens by ‘n oproep sentrum, en sal die ambulans naaste aan die ongevalle na jou toe stuur.

En dan, natuurlik, doen self ‘n noodhulp kursus, sodat jy toegerus is om ‘n situasie te hanteer, totdat die ambulans of dokter opdaag.

Vriendelike Groete 

Almal by Die SA Noodhulpliga.
Gaan terug

First Aid League

- Added to cart
- Can't add this product to the cart now. Please try again later.
- Quantity updated
- An error occurred. Please try again later.
Deleted from cart
- Can't delete this product from the cart at the moment. Please try again later.