Tuis

 

Die Suid-Afrikaanse Noodhulpliga (SANL) is ’n doeltreffende, onafhanklike, nie-winsgewende organisasie.

Die SANL is in April 1935 gestig met die doel om noodhulpopleiding aan die gemeenskap in die algemeen, spesifiek in hul moedertaal, te verskaf. Hierdie missie is uitgebrei om voorsiening te maak vir noodhulp by sport en ander gemeenskapsaktiwiteite.

Die organisasie is gebaseer op ’n grondwet, wat voorsiening maak vir ’n uitvoerende komitee, senior bestuur, streeksbestuur, takbestuur en lede.

Hierdie nasionale organisasie het ’n landwye infrastruktuur wat beheer word vanaf sy hoofkantoor in Centurion. Die administratiewe beheer word uitgeoefen deur die Hoof Bedryfsbeampte (COO) wat aan 'n Uitvoerende Komitee rapporteer

Ons bied EERSTEHULPKURSUSSE aan op u of ons perseel, op datums wat u pas.

Ons verkoop EERSTEHULPTOERUSTING en REGULASIE 7 EERSTEHULP METAALKISTE EN SAKKE.

Ons bied EERSTEHULP BY GELEENTHEDE.

Ons fasiliteer EERSTEHULPKOMPETISIES.

Ons is geregistreer by die Departement van Arbeid (CI BIG 3-03) en is ten volle geakkrediteer by HWSETA (HW591PA1006262).
Ons hou ook by die huidige riglyne wat deur die Resussitasieraad van Suider-Afrika neergelê is.

Ons het streekkantore en opleidingsfasiliteite in die volgende provinsies:

 

Ons missie is:

  • om noodhulp te vergemaklik
  • om relevante en die jongste noodhulpinligting aan die publiek te verskaf
  • om noodhulpbeamptes op te lei volgens die riglyne wat deur die Departement van Arbeid, die HWSETA en die Resussitasieraad van Suid-Afrika neergelê is
  • om bevoegde noodhulpfasiliteerders op te lei
  • om Regulasie 7 noodhulpstelle (bokse en sakke) te verskaf
  • om noodhulp by geleenthede te verskaf
  • om noodhulpkompetisies te organiseer en fasiliteer om te verseker dat noodhulpvaardighede neergelê en beoefen word